Max 28 Maart 2026

Tiane

Op ons Liefdesdag nooi ons jou. ’n Fees van harte, lig en lied, ’n dag wat ons vir altyd sal onthou.

Max 28 Maart 2026

Tiane

Op ons Liefdesdag nooi ons jou. ’n Fees van harte, lig en lied, ’n dag wat ons vir altyd sal onthou.

hidden

Ons tel die dae af tot ons Liefdesdag !

“As ons mekaar liefhet, bly God in ons, en sy liefde het in ons volmaak geword.”

image

Ons liefdes verhaal

01
image

Die dag wat ek jou gevind het

Sy weergawe

2 Julie 2020, net ná Covid. Ek en my neef het buite in sy agterplaas gestaan toe ek deur my Facebook gescroll het. Skielik sien ek ’n foto van ’n meisie wat ek al lankal geken het. Sy hou haar arm uit soos iemand wat wag dat ’n kêrel langs haar staan vir ’n foto, en bo-op haar arm sweef ’n wit wolkie met die woorde: “Boyfriend position available.” Ek het gesmile, gelag en my neef, Morne gevra of ek haar n boodskap moet stuur. Sy antwoord was kort en kragtig: “Ja!” Paar minute later stuur ek vir haar: “Hey, kan ek jou nommer kry?” Sy antwoord nie met ’n groet nie – net haar nommer. En so begin ons gesprek. Op 5 Julie 2020, omstreeks 13:30, ry ek na haar huis toe vir koffie. Ek was skaam en stil, maar sy… sy was asemrowend. Haar stem, haar oë, haar lag – ek was verlore. Ek het besef dis cliché om te sê, maar dit was waar: sy het soos ’n engel gevoel van die eerste oomblik af.

Haar weergawe

2 Julie 2020. ’n Dag soos enige ander – totdat my Facebook Messenger ping met ’n boodskap van ’n ou skoolvriend. Met die eenvoudige woorde: "Hey, kan ek jou nommer kry?" Nou kyk, meeste mense sou dalk eers 'n "Hallo" of ten minste ’n emoji gooi, maar nie ek nie. Ek drop toe net my nommer soos ’n koel kat sonder ’n greintjie opgewondenheid. Geen "Hey daar", of "Dis lanklaas", niks. Net my nommer. 3 dae later.... Hy’t gesê hy wil kom vir koffie. Die afspraak was vir die oggend. Ek sit en wag. En wag. En wag. Dit is al na 13:00. Maar Max is nerens. Uiteindelik – ná ek al my derde koppie koffie klaar gehad het – kry ek ’n boodskap: "Sorry, ek help my sussie met iets." En ek dink: "Ag toe nou – as jy nie wil kom nie, sê dit net!" Maar toe’n paar minute later, toet-toet by die hek. Dis Max. Hy klim uit die kar uit: mussie op sy kop, lang krulhare wat lyk soos iets uit ’n 90’s boyband, ’n broek wat amper sy eie lewe het van hoe wyd hy is, en tekkies wat lyk of hulle hom dalk later self huis toe gaan dra. (Sy favourite tekkies, het ek later toe geleer) Hy groet my pappa met die woorde: "Hello Oom, lanklaas gesien!" My pa antwoord sonder om te blik of bloos: "Ek het jou nog nóóit in my lewe gesien nie, Outjie." En ek staan daar en dink.....hiers dit nou!!! Maar, die een kuier word twee. Toe drie. Toe hou ek op tel. ’n Paar maande later sê ek vir my mamma – iets wat ek nog nóóit vantevore oor enige ou gesê het nie:" Met dié een... gaan ek trou." En so waar as padda kan sing... Die res is geskiedenis.

image

My Sielsgenoot

02
image

Ons is gekys

Hulle het mekaar op ’n dag as vriende ontmoet. Nie lank daarna nie, het hulle saam middagete geëet en oor alles van die lewe gesels. Dit was toe vir Tiane duidelik....Sy hou nogals baie van die outjie. Op 28 Augustus 2020 het hulle ’n rustige aand bymekaar deurgebring en ’n movie gekyk. Hy het toe gesê daar is iets wat hy vir haar wil vra… en vra toe: “Sal jy my meisie wees?” Van daardie oomblik af het hul liefde gegroei – van vriende na sielsgenote.

image

Ons is verloof

03
image

Sy het JA gese !

9 Desember 2023. ’n Dag wat vir altyd in ons harte gegraveer sal bly. Sy het die oggend saam met haar ma, ouma en tannie by ’n klein koffiewinkel gaan ontbyt eet. Vir haar was dit maar net nog ’n gesellige uitstappie. Min het sy geweet dat hy, met kloppende hart en bewerige hande, op pad was met ’n ring in sy sak, blomme in sy hand en ’n plan in sy kop. Hy het selfs seker gemaak sy hare is reg, want hierdie oomblik moes perfek wees. Hy het ingestap, gesien hoe sy buite sit, en gou vinnig met die dame gesels met wie hy vooraf gereël het om hulle liedjie te speel. Saam met hom was sy neef en haar pa – sy bondgenote in die geheim. Toe stap hy na haar toe. Elke tree was swaar van senuwees, sy asem kort soos ná ’n marathon. Hy kyk in haar oë, die vrou wat sy wêreld geword het, en hy sê vir haar hoe dankbaar hy is om haar in sy lewe te hê. Met ’n knop in sy keel en ’n hart wat vinniger klop as ooit tevore, vra hy toe die vraag: “Sal jy my vrou wees?” En sy, sonder twyfel, sonder huiwering, antwoord: “JA!”

Vier saam ons, ons Liefdesdag.

Die dag waarna ons so lank uitgesien het, is om die draai. En begin ons die mooiste hoofstuk van ons reis saam. Ons wil graag hê dat almal wat vir ons kosbaar is – deel moet wees van hierdie spesiale dag. Klik hieronder om ons uitnodiging oop te maak en saam met ons die pad na ons Liefdesdag te stap.